VN stem vir onttrekking van Mali-vredesending

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het eenparig gestem om ‘n dekade lange vredesending in Mali te beëindig nadat die land se militêre junta skielik die 13 000-sterk mag gevra het om te vertrek – ‘n stap wat die VSA sê deur Rusland se Wagner-huursoldaatgroep bewerkstellig is. Die einde van die operasie, bekend as Minusma, het vrese laat ontstaan dat veiligheid weer kan verswak. VN-vredesmagte word daarvoor erken dat hulle ‘n belangrike rol speel in die beskerming van burgerlikes teen ‘n Islamitiese opstand wat duisende gedood het. Al wat nou oorbly is Mali se ondertoegeruste weermag met sowat 1 000 Wagner-vegters. Die onttrekking sal teen 31 Desember vanjaar voltooi wees.