VN sê wêreld staar sandkrisis in die gesig
Die Verenigde Nasies se omgewingsprogram sê dringende optrede is nodig om ‘n “sandkrisis” te voorkom, insluitend ‘n verbod op strandontginning. Met die menslike bevolking wat steeds groei sowel as verstedeliking wat regoor die wêreld plaasvind, het die vraag tot 50 miljard ton per jaar gestyg. Sand is die mees ontginde natuurlike hulpbron in die wêreld naas water, maar die gebruik daarvan is grootliks ongereguleerd, wat beteken dat dit vinniger verbruik word as wat dit vervang kan word deur geologiese prosesse. Daar word daagliks 17 kilogram sand per persoon gebruik. Plaaslik is sogenaamde sandmyne ook ‘n uitdaging.