VN se Konvensie teen Korrupsie se span vir drie dae in Namibië

Die Teen-korrupsie Kommissie verwelkom die span verteenwoordigers van Frankryk en Uganda wat vir drie dae Namibië se implementering van die Verenigde Nasies se Konvensie teen Korrupsie vir die tydperk 2016 tot 2021 sal hersien. Namibië het die konvensie in 2003 onderteken en in 2004 bekragtig. Die eerste hersiening het in 2016 in Namibië plaasgevind. Die Teen-korrupsie Kommissie se skakelbeampte, Josephine Nghituwamata, vertel meer aan Kosmos 94.1 Nuus oor die Konvensie.