Twee Nederlandse toeriste by Otavi beroof

Twee Nederlandse toeriste is tussen Otavi en Grootfontein van hul waardevolle besittings beroof. Volgens die Namibiese polisie het die Nederlandse man en ‘n vrou, met hul fietse vanaf Otavi na ‘n plaas gery toe ‘n onbekende man glo uit die boss,e gewapen met ‘n mes verskyn en hulle van hul geld en selfone beroof het. Die slagoffers is geïdentifiseer as Dennis van Pepper en Sandra Monique. Die verdagte nog nie in hegtenis geneem nie en polisieondersoek duur voort. Dié voorval volg pas ná Namibia Wildlife Resorts ‘n beroep op wetstoepassers gedoen het om veiligheid vir toeriste op te skerp sodat Namibië nie as ‘n onveilige bestemming bekend staan nie.