VN se graanskip vertrek uit Oekraïne met graan vir Afrika

Die vaartuig, die Brave Commander, wat deur die Verenigde Nasies gehuur is, is gereed om uit Oekraïne na Afrika te vertrek sodra meer as 23 000 metrieke ton graan in die Pivdennyi-hawe gelaai is. Die besending, onder die raamwerk van die Swartsee-graaninisiatief, sal die eerste humanitêre voedselhulpvrag na Afrika wees vandat Rusland Oekraïne binnegeval het. Die plaaslike koördineerder van die VN in Oekraïne, Denise Brown, sê die skip sal na Ethiopië vaar via ‘n graandeurgangsroete deur die Swartsee waaroor die VN en Turkye onderhandel het.