VN se Algemene Vergadering eis skietstilstand in Gaza

Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het ‘n resolusie oor die Midde-Ooste wat ‘n onmiddellike humanitêre wapenstilstand in Gaza eis, oorweldigend aanvaar met 153 lande daarvoor, tien daarteen, en 23 buite stemming. Die resolusie vra die beskerming van burgerlikes, die onmiddellike, onvoorwaardelike vrylating van alle gyselaars, en humanitêre toegang. Die VSA, Paraguay, Oostenryk en Israel was onder die lande wat daarteen gestem het. Die Palestynse ambassadeur by die VN, Riyad Mansour, sê dit was ‘n geskiedkundige stemming en die Algemene Vergadering het ‘n sterk boodskap gestuur.