DA kritiseer Gazprombank se vennootskap met PetroSA

Die DA kritiseer die aanstelling van die Russiese Gazprombank as ‘n beleggingsvennoot vir PetroSA en bestempel dit as staatskaping van die energiesektor. Gazprombank sal na verwagting help met die herbou van PetroSA se tydelik uitbedryfgestelde raffinadery in Mosselbaai. Die nasionale woordvoerder vir Minerale Hulpbronne en Energie van die DA, Kevin Mileham, het sy kommer uitgespreek oor die egtheid van die vennootskap en daarop gewys Gazprombank is die finansiële arm van die Russiese staatsbeheerde gasmaatskappy, Gazprom. Mileham waarsku dat Suid-Afrika nie 15 jaar van plundering en nie-prestasie kan bekostig nie.