VN-hoof van Menseregte vra vir ingryping in Sudan
Die Verenigde Nasies se hoof van Menseregte, Volker Turk het ‘n beroep gedoen op lande wat invloed het in Noord-Afrika om te help om die konflik in Sudan te beëindig. Turk het in Genève gepraat by ‘n noodsitting van die Menseregte-raad om die voortslepende gevegte in Sudan te bespreek. Daar is berigte van wydverspreide menseregtevergrype, insluitend aanvalle op burgerlikes, seksuele geweld en die plundering van hospitale. Volgens Turk is albei militêre faksies skuldig aan die oortreding van internasionale humanitêre wetgewing. Duisende mense is al weens die konflik ontwortel en humanitêre agentskappe sê dit is nie veilig vir hulle om met hulp-verskaffing voort te gaan nie.