VN-gesant in Afghanistan bekommerd oor vroueregte

Die Verenigde Nasies se gesant in Afghanistan sê dit is bykans onmoontlik vir die internasionale gemeenskap om die Taliban-regering te erken, terwyl vroueregte beperk word. Die Taliban het in Augustus 2021 beheer oor die land oorgeneem. Vroueregte is drasties ingeperk. Vroue kan onder meer nie hoërskool of universiteit toe gaan nie. Die gesant, Roza Ontunbayeva, sê die beleid beskadig Afghanistan se ekonomie, veroorsaak lyding by die helfte van die bevolking en is uiters ongewild onder inwoners. Sy sê sy het aan Taliban-leiers gesê die beperkings benadeel binnelandse en internasionale aansien.