VN: Droogtes is verwoestend

Droogtes het ‘n verwoestende e impak op gemeenskappe. Die Wêrelddag vir die Bekamping van Verwoestyning word jaarliks op 17 Junie herdenk. Vanjaar se vieringe in Namibië vind môre vanaf nege-uur die oggend by die Opuwo ope-mark in Opuwo in die Kunene-streek plaas. Die tema is “Rising up from drought together.” Die Kunene-streek het ‘n droogte van ses jaar ervaar wat gemeenskappe in hongersnood en armoede gedompel het. Die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Bestryding van Woestynvorming se uitvoerende sekretaris, Ibrahim Thiaw, praat oor die impak van droogte.