Namibiese polisiehoof ontken bewerings oor Farmgate

Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het ‘n mediaverklaring uitgereik oor die bewerings rakende die Namibiese verdagtes in die diefstal van sowat 4 miljard Amerikaanse dollar op die Limpopo-plaas van Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa. Ndeitunga ontken die bewerings in Namibiese en Suid-Afrikaanse media ten sterkste dat die Namibiese polisie vuil werk vir Ramaphosa gedoen het. Ndeitunga ontken ook bewerings van ontvoering en marteling van die verdagte Imanuwela David. Die polisiehoof sê die verdagte is op 13 Junie 2020 in hegtenis geneem en die normale prosesse het gevolg. Hy erken dat die twee polisie-owerhede op 19 Junie 2020 op niemandsland naby Noordoewer in die Karas-streek ontmoet het.