VN deel kos uit in Gaza

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het noodbystand aan meer as 51 000 mense in die noorde van Gaza begin lewer te midde van die konflik tussen Israel en Palestina. Humanitêre behoeftes in die gebied is besig om weens die konflik toe te neem. Die aanvalle die afgelope bykans twee weke het reeds die lewe van minstens 212 mense, onder wie 61 kinders, in Gaza geëis en 10 mense, onder wie twee kinders, in Israel. Die Wêreldvoedselprogram sê die situasie kan ‘n krisis veroorsaak wat na die hele gebied kan uitkring.