Vlugtelingsdag by Osire herdenk

Die Namibiese immigrasie-ministerie sal Wêreld Vlugtelinge-dag by die Osire Vlugtelingkamp in die Otjozondjupa-streek herdenk. Wêreld Vlugtelinge-dag word jaarliks op 20 Junie gevier. Die dag herdenk die uitdagings en prestasies van vlugtelinge wêrelwyd. Dit eer mans, vroue en kinders wat gedwing word om uit hul lande weens konflik na ander lande te vlug. Sakeus Kadhikwa, skakelbeampte van die ministerie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.