Vlugtelinge in Uganda het net kos as hulle self plant

Suid-Soedanese vlugtelinge in Uganda maak 100 persent staat op hul eie groentetuine om kos op die tafel te sit. Die VN se Wêreldvoedselprogram sê daar is ‘n 50 persent tekort aan befondsing wat honderde duisende vlugtelinge in Uganda raak. Die land huisves die meeste vlugteling in Afrika. Krisisse soos die oorlog in Europa, droogte in Oos-Afrika en die aardbewing in Turkye het beskikbare voedselhulp, veral vir Afrika, negatief geraak. Families in die kampe maak staat op mielies, kassawe en slaaiblare en het niks anders om te eet nie. Van die produkte word ook verkoop om skoolgeld te betaal.