Vlugtelinge in Kaapstad moet die week besluit

Met die naderende spertyd vir herintegrasie teen eerskomende Vrydag, het sommige Paint City- en Wingfield-vlugtelinge in Kaapstad gekla hulle het nêrens om heen te gaan nie. Die vlugtelinge staar deportasie in die gesig as hulle nie by Suid-Afrikaanse gemeenskappe herintegreer, soos deur die buurland se minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, opdrag gegee is nie. Die Internasionale Organisasie vir Migrasie het intussen aangedui dat 121 van die vlugtelinge sy aanbod vir die betaling van hulle vliegtuigkaartjies om na hulle lande van geboorte terug te keer, aanvaar het.