Vlugte van Lufthansa vertraag  

Probleme met inligtingstegnologie by die Duitse lugdiens, Lufthansa, het ontwrigting vir duisende passasiers wêreldwyd veroorsaak toe tientalle vlugte vertraag is. Die maatskappy sê die probleem het ontstaan toe verskeie veselglaskabels tydens bouwerk in Frankfurt beskadig is. Lufthansa besit ook SWISS, Austrian Airlines, Brussels Airlines and Eurowings. Die voorval het plaasgevind slegs twee dae voor beplande stakings op sewe Duitse lughawens, wat na verwagting tot groot ontwrigtings gaan lei. Eurowings vlieg na Namibië.