Vlugte normaal na digte mis lig

Vlugte by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe is vandag ontwrig weens digte mis. Die mis het sowat 35m van die grond af gehang. Internasionale vlugte kon nie land nie, en sommige is na Botswana herlei tot die weer verbeter. Airlink-vlugte is ook vanoggend deur die weerstoestande geraak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Airlink se lugvaartkenner, Linden Birns, wat sê alles is nou terug na normaal.