Vlugte neem plaaslik toe

Toerisme in Namibië is besig om stadigaan weer op te tel met lugredery wat hul vlugte per dag vermeerder. Tans is die enigste private lugredery in Namibië Westair. Sedert die likwidasie van Air Namibia, het Westair hul skoene vol gestaan as die enigste lugredery wat plaaslike roetes bedien. Nerine Uys, Westair se bedryfsbestuurder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die lugredery begin weer vanaf 1 Oktober die Kaapse roete vlieg.