Krieket: VSA en VAE gaan Zimbabwe toe

Krieket: Amerika en die Verenigde Arabiese Emirate is die twee spanne wat deurdring na Zimbabwe om van 18 Junie tot 9 Julie te kwalifiseer vir die IKR-manskrieket-wêreldbeker. In die laaste rondomtalie-wedstryde vandag in Windhoek het die VAE vir Jersey met 66 lopies gewen en Kanada vir Papua Nieu Guinee met 90 lopies. Die uitvoerende hoof van Krieket Namibië Johan Muller het vroeër vandag met Kosmos gesels, wat sê dit is teleurstellend dat die Eagles nie Zimbabwe toe gaan nie.