Vlugte by Schipol-lughawe in Amsterdam nie verminder

‘n Nederlandse hof het ‘n besluit van die land se regering ter syde gestel oor ‘n vermindering van vlugte by die Schipol-lughawe in Amsterdam. Die regering het in Februarie gesê die getal vlugte sal van 500 000 per jaar verminder word na 460 000 per jaar weens geraas-besoedeling en omgewingskwessies. Dit sou tot September 2024 van krag wees. Die hofbeslissing word gesien as ‘n oorwinning vir KLM en ander lugdienste wat van die Schipol-lughawe gebruik maak.