Vlugbal: Bank Windhoek Doc Ope die naweek in Swakop

Die Namibiese Vlugbal-federasie sal die aksie-belaaide Bank Windhoek Doc Ope-toernooi die naweek in Swakopmund aanbied. Vanjaar sal altesaam 37 spanne – 20 mans- en 17 vrouespanne – deelneem. Spanne kom van so ver af van die streke van Zambezi, Kavango-Oos, Ohangwena en Oshana. Die eerste wedstryd sal Saterdagoggend om half-agt begin, met die eindstryde wat vir Sondagaand geskeduleer is.