BoN sal nie met rentekoerse skok  

‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat die rentekoers met 50 basispunte verhoog het. Dit bring die repokoers op 7,75 persent te staan. Die prima-uitleenkoers is tot 11,25 persent verhoog. Dit is die negende agtereenvolgende rentekoers-verhoging sedert November 2021. Namibië sal sy rentekoers op 19 April aankondig. Die repokoers in Namibië staan tans op 7 persent, terwyl die prima-uitleenkoers op 10,75 persent staan. Namibiese ekonoom, Jason Kasuto het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy voorsien dat die Bank van Namibië nie in die buurland se voetspore sal volg nie.