Vloedskade in KwaZulu-Natal beloop honderde-miljoene

Skade in vloedgeteisterde gebiede van KwaZulu-Natal sal na verwagting honderde-miljoene rand kos om te herstel. Dit is onthul tydens President Cyril Ramaphosa se besoek vandag aan gebiede in Durban wat verwoes is. Die provinsiale regering het die president vergesel om die skade te bepaal en gesinne wat geraak is te besoek. Die premier, Sihle Zikalala, het gepraat oor die stappe wat die regering sal doen om die blywende ekonomiese uitwerking van die vloede te versag.