Vloede in Duitsland, België: 20 dood, 70 vermis

Minstens 20 mense is dood en meer as 70 word vermis nadat swaar reën hewige oorstromings veroorsaak het in die weste van Duitsland en die naburige België. Baie huise het verspoel en duisende is sonder krag gelaat. Die Duitse deelstaat Rheinland-Pfalz is een van die gebiede wat die ergste geraak is. Die premier, Malu Dreyer, beskryf dit as ‘n katastrofe en sê alle nooddienste werk onverpoosd. Intussen het SA Snow Report moontlike sneeu vir die Suide van Namibië, dele van Suid-Afrika en Lesotho voorspel.