Vliegtuigongeluksverslag van wyle Dirk Coetzee bekend

Die vliegtuigongeluksverslag waarin die 72-jarige jarige boer, Dirk Coetzee, op 8 Oktober 2021 op sy plaas Zuckhof-Wes, sowat 80 kilometer noordoos van Outjo was, is deur die Namibiese vervoerministerie se direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke bekend gemaak. Coetzee het gevlieg om veldbrande in die omgewing waar te neem en inligting aan brandbestrydingspanne te verskaf. Volgens die verslag het hy pas nadat hy opgestyg het, die kragdrade voor hom probeer ontduik en beheer oor die vliegtuig verloor. Die vliegtuig het met sy neus skerp afwaarts in die grond vasgeduik. Coetzee het ernstige kop- en beenbeserings opgedoen en is na die Otjiwarongo-staatshospitaal geneem waarna hy aan sy beserings beswyk het.