Vliegtuigbrandstofvoorrade verbeter by Kaapstad-lughawe

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika, Acsa, sê vliegtuigbrandstofvoorrade by die Kaapstadse Internasionale Lughawe het verbeter ná tekorte verlede week ondervind is.  Bykomende voorraad is na samesprekings ‘n prioriteit gemaak deur tenkwaens en invoere. Acsa sê hy doen alles in sy vermoë om kansellasies te voorkom en ontwrigting tot ‘n minimum te beperk. Ondanks die verbetering, word reisigers aangeraai om hulle vlugskedules op Acsa se toepassing en op die relevante lugdiens-webtuistes te monitor.