Uutoni sê hoe klagtes by plaaslike owerhede hanteer moet word

Namibiërs, veral diegene wat in informele nedersettings woon, kla nie net oor gebrek aan dienslewering van hul plaaslike owerhede nie, maar ook oor die reaksie op hul navrae. Een so ‘n voorbeeld is die groep ongelukkige lede van informele nedersetting in Okahandja wat betoog het om grond te kry, maar dit lyk asof niemand luister nie. Hulle het nou besluit om op 16 Maart by die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling te betoog. Kosmos 94.1 Nuus het aan die minister Erastus Uutoni gevra of plaaslike owerhede kwessies aanspreek soos verwag word om te verhoed dat mense na sy kantoor hardloop…