Vliegtuie gaan in Oktober laag vlieg tydens Kaza se olifant-opname

Die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied, Kaza, se olifantopname-span gaan van môre tot einde Oktober olifante in die Namibiese gebied van Kaza in die noordooste van die land tel. Die span het twee roomkleurige 9-sitplek-toeristevoertuie en een wit dubbelkajuit met Kaza-plakkers, asook drie Cessna-vliegtuie. Die publiek in die gebied word in kennis gestel dat die vliegtuie baie laag sal vlieg op 300 voet, sê Nova Iiyambo, ‘n senior bewaringswetenskaplike van die span.