DA hou vol De Lille het Onteieningswetsontwerp gekaap

Die DA hou vol dat die leier van die GOOD Party, Patricia de Lille die Onteieningswetsontwerp gekaap het. Die party meen die wetsontwerp is ongrondwetlik en oortree Artikel 25 van die Grondwet. Die DA-lid, Samantha Graham-Maré, sê die Nasionale Vergadering se aanvaarding van die wetsontwerp poog om alle privaat eiendomsreg te ondermyn. Graham-Maré voeg by dit sal Suid-Afrika op dieselfde gevaarlike koers plaas as mislukte state soos Venezuela en Zimbabwe.