Vlieg-spersone oor die Oekraïne sal dinge vererger

Amerika en die Verenigde Koninkryk gaan nie ‘n vlieg-spersone oor Oekraïne instel nie. President Volodymyr Zelensky het herhaalde kere by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, NAVO, gepleit om Russiese vegvliegtuie te verbied om in Oekraïne se lugruim te kom. Hy sê dit sal burgerlikes teen lugaanvalle beskerm. Rusland se president Vladimir Putin het die Weste gewaarsku om dit nie te doen nie en sê dit sal beteken hulle neem deel aan die oorlog. Die Britse minister van buitelandse sake, Liz Truss, sê ‘n vlieg-spersone sal die situasie vererger: