Vlieëniers van Lufthansa staak

Vlieëniers van Lufthansa het begin staak wat die Duitse lugdiens gedwing het om honderde vlugte te kanselleer, wat vakansiegangers gestrand gelaat het. Die lugredery sê hy het sowat 800 vlugte by sy hoof-basisse in Frankfurt en München in Duitsland gekanselleer, wat 130 000 passasiers geraak het, en sê dit werk voluit daaraan om die impak van die staking te verminder. Die vakbond Vereinigung Cockpit het ‘n beroep op meer as 5 000 Lufthansa-vlieëniers gedoen om die staking uit te voer, en sê die jongste ronde loon-gesprekke het misluk. Lufthansa se Eurowings Discover vlieg ook tussen Frankfurkt en Windhoek se die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.