Vlieëniers van Kenya Airlines land vliegtuie veilig midde storm Eunice

Vlieëniers van Kenya Airlines is geprys vir hulle heldhaftigheid, nadat hul daarin geslaag het om vliegtuie veilig in Europa te land tydens die onlangse storm Eunice. Ruth Karauri het ‘n suksesvolle landing op Londen se Heathrow-lughawe uitgevoer en haar kollega, Clive Nyachieo, het op Schiphol in Amsterdam geland. Miljoene mense het aanlyn gekyk hoe Karauri die vliegtuig veilig grond toe gebring het. Nyachieo het met ‘n Boeing 787 veilig op die aanloopbaan geland, kort nadat vlieëniers van ‘n vragvliegtuig pogings laat vaar het om in Nederland se hoofstad te land.