Vlieëniers kry medaljes vir reddingspoging

‘n Leerlinghelikopterloods, ene Damaseb, van die Namibiese Lugmag en sy vlieginstrukteur van die Indiese Lugmag, Kuldeep Dhyani, het medaljes ontvang vir hul reddingspoging tydens die helikopterongeluk van Jaco van Dyk en sy drie kinders. Die ongeluk het op 16 Julie verlede jaar plaasgevind toe Van Dyk en sy drie kinders vanaf Grootfontein gevlieg en in die berge oos van Windhoek neergestort het nadat die helikopter se enjin gestaak het. Kaptein Oskar Plichta van die Namibiese Direktoraat van Vliegtuigongelukondersoeke wat ook op die ongelukstoneel was, sê die feit dat die twee vlieëniers medaljes gekry het, is ‘n goed dat hulle vir hul goeie daad beloon word.