DA meen SA moet op 27 Oktober stem

Die DA beskou die Onafhanklike Verkiesingskommissie se plan om die verkiesingsdatum te hersien as onnodig. Die party is van mening dat die land op die aangewese datum van 27 Oktober gereed sal wees om na die stembus te gaan. Die partyleier John Steenhuisen sê die OVK is in staat om ‘n verkiesing te hou wat aan Covid-19-regulasies voldoen. John Steenhuisen van die DA is aan die woord.