Vleisraad sê oor 17% daling in SA se vraag na Namibiese speenkalwers

Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Vleisraad, Paul Strydom het gereageer op die nuus dat op ’n jaargrondslag, het die uitvoer van speenkalwers na Suid-Afrika met amper 17 persent gedaal as gevolg van swakker vraag in die buurland. ‘n Groot deel van die landbousektor maak staat op die mark, veral die kommunale boere in die Omaheke-streek. Kosmos 94.1 Nuus wou weet of die afname ‘n sikliese gebeurtenis is en of Namibië nuwe markte moet vind…

Hy sê die plaaslike prys is baie hoog en daarom is diere ook teruggehou maar, vraag in die buurland sal weer toeneem.