Vleisraad het nuwe permit-aansoekvorms vir in- en uitvoere
Die Vleisraad van Namibië lig alle handelaars en produsente in dat die raad vanaf 1 September nuwe voorgeskrewe permit-aansoekvorms vir invoere, uitvoere en in transito-permitte sal bekendstel. Die bekendstelling van nuwe voorgeskrewe permit-aansoekvorms is daarop gemik om die aansoekproses te vereenvoudig, veral met betrekking tot die klassifikasie van produkte in terme van die kodering van die Wêreld Doeane-organisasie. Onder die nuwe vorms sal permitaansoeke nie meer produkte-spesifikasies invul nie, maar daar sal verwag word om bloot produkte op ‘n voorafbepaalde lys te kies en die toepaslike hoeveelheid in te vul. Desmond Cloete, die bemarkingshoof by die Vleisraad, gesels met Kosmos 94.1 Nuus…