Vleisraad dagvaar vir heffings

Die Namibiese Vleisraad het Jolandi Rossouw wat handel dryf as JM Rossouw Farm Abattoir in Mariental hof toe gesleep oor uitstaande heffings op slagbedrywighede. Volgens die raad het Rossouw tussen Oktober 2019 en April 2021 geen heffings betaal nie en die raad eis net meer as 85 300 Namibiese dollar. Die saak is op die tweede mosiehof rol vandag voor regter Marlene Tommasi. Geen verdediging is aangeteken sedert die saak voor die hof in Julie vanjaar gebring is nie en ‘n beslagleggingsbevel is op 16 September reeds op die stelsel gelaai en sal na verwagting vandag bekragtig word.