Vlakplaas-polisiebeampte se beweerde moorde in 1982 word verhoor

‘n Vlakplaas-polisiebeampte uit die apartheidsera moet volgende Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn nadat sy voorverhoor uitgestel is. Die 67-jarige Thlomedi Mfalapitsa word beskuldig van die moord op drie studente-aktiviste aan die Gautengse Wes-Rand in Februarie 1982. ‘n Vierde Cosasa-lid het die ontploffing oorleef. Die staat beweer Mfalapitsa het met owerhede saamgewerk en sy vier slagoffers na ‘n myn gelok. Die oorlewende student is later aangekla van die besit van die plofstof wat sy vriende se dood veroorsaak het.