VK, België en Finland verbied invoer van sekere jagtrofeë

Die Verenigde Koninkryk, België en Finland het die invoer van sekere jagtrofeë in hul lande verbied. Frankryk en Nederland het al hierdie verbod voorheen ingestel. Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, sê in 2021 het altesaam 2 587 trofeejagters Namibië besoek. Duitse jagters was weer eens die hoogste met 824 jagters, gevolg deur die VSA met 775 en derdens Hongarye met 146 jagters. Ander lande vir 2021 waar die jagters vandaan kom, is Oostenryk, Frankryk, Spanje, Denemarke, Tsjeggië, Roemenië en Switserland. Shifeta sê wat die impak van die verbod van die jagtrofeë op die Namibiese jagbedryf gaan wees…