Visvang van ansjovis en sardyne by pikkewyn-kolonies gestaak

Die Suid-Afrikaanse departement van visserye het die tydelike sluiting van kommersiële visvang van ansjovis en sardyne rondom pikkewyn-kolonies langs die kus aangekondig. Die sluiting is ingestel om te bepaal of die maatreël doeltreffend sou wees om die oorlewing van die bedreigde seevoëls te ondersteun. Daar is tans ‘n groot tekort van die visspesies wat moontlik tot ‘n daling in pikkewyngetalle gelei het. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …