Visseryskool op Walvis wil hommeltuie gebruik teen onwettige visvang

Die Walvisbaai Visseryskool gaan hul tydskrif van stapel stuur en ‘n gala-dinee vir fondsinsameling op 5 Februarie hou. Die internasionale gasspreker is Francisco Serra-Martins, stigter van Dove Air en Angel Investor, en deel van die Forbes 30 onder 30 se klas van 2018. Belangrike onderwerpe wat bespreek sal word is onder meer hommeltuie, data en elektriese monitering om winste in die visbedryf te verbeter. Knowledge Ipinge, stigter van die Walvisbaai Visseryskool verduidelik…