Visserye, akwakultuur ondersoek by Neckartal

Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies in Namibië gaan saam met die Namibiese ministerie van visserye ‘n waarneming oor binnelandse visserye en akwakultuur by die Neckartaldam in die Karas-streek doen. Die ministerie het tegniese hulp van die organisasie gevra. Phillipus Tobias, kommunikasiebeampte van die organisasie, sê hulle sal tegniese en infrastruktuur vir die volhoubare ontwikkeling van akwakultuur by die dam verskaf.