Namibiër vertel uit Rusland oor skietvoorval

‘n Namibiër en voormalige omroeper van Kosmos 94.1, Luandi Nel, wat in Kazan in Rusland woon waar die skoolskietery plaasgevind het, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus, dat die voorval omstreeks half-10 gebeur het. Sy sê ‘n 19-jarige oudleerling het by die skool ingestap en begin skote afvuur. Sewe kinders tussen die ouderdomme van 13 en 15 en 2 volwassenes is dood. Nel sê so ‘n skietery is nie algemeen in Rusland nie en almal in Kazan is geskok. Die skool is gesluit en almal is huis toe gestuur. Mense is diep in rou, sê sy. Nel is getroud met die bekende rugbyspeler JP Nel waar hy tans in Rusland ‘n rugby-afrigter is.