Vioolsdrift-grenspos sal dalk middel-Julie heropen
Die Paaie-owerheid het vandag bevestig dat reisigers na Suid-Afrika van die Ariamsvlei-Nakop-grenspos gebruik moet maak. Hileni Fillemon, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die owerheid, het bevestig die grenspos by Noordoewer is oop, maar die grenspos by Vioolsdrift is egter gesluit weens padwerke ná oorstromings op die N7 in die Noord-Kaap. Sy sê die immigrasiebeamptes by die Noordoewer-grenspos sien hoe privaat voertuie op eie risiko na Vioolsdrift ry. Volgens Fillemon kan die Vioolsdrift-grenspos dalk in die middel van Julie vir reisigers en kommersiële vragmotors heropen.