Vilho bedank na ondersoek

Die Namibiese Minister van Verdediging Peter Vilho het bedank. Vilho het gister ontmoet met President Hage Geingob na hy verskeie male die nuus gehaal het oor ongerymdhede met die weermag se kommersiële onderneming, August 26 Holdings, sowel as ‘n onverklaarde beleggingsrekening in Hongkong met ‘n waarde van 3,4 miljoen Namibiese doller. Die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa het ook vroeër bevestig dat sy ‘n ondersoek geloods het na ‘n oorbetaling na die voormalige Hoof van die weermag, Generaal Martin Shalli, ter waarde van 1,5 miljoen Namibiese doller. Die betaling is gemaak terwyl Shalli se bates gevries was na ‘n ondersoek oor moontlike ongerymdhede met ‘n tender aan die weermag. Geingob het Vilho se bedanking aanvaar.