Viëtnam het nuwe variant wat deur lug versprei

Owerhede in Viëtnam het ‘n nuwe Covid-19-variant ontdek wat vinnig deur die lug versprei en wat ‘n kombinasie van die Indiese en Britse variante is. Viëtnam het sedert laat in April meer as 6 856 gevalle met 47 sterftes aangemeld. Die minister van gesondheid, Nguyen Thanh LongLong, sê Viëtnam gaan binnekort genoom-data van die jongste geïdentifiseerde variant bekend maak wat meer oordraagbaar as die vorige bekende tipes is.