Vierde verkragting van minderjarige in vyf daeSeptember 29, 2023

Die vierde verkragting van ‘n minderjarige meisie is in vyf dae deur die Namibiese polisie aangemeld. In die jongste geval is ‘n sewe-jarige meisie op Okahandja in die Oshetu-nedersetting deur haar 18-jarige neef verkrag. Volgens die mag deel die twee ‘n kamer en die meisie was aan die slaap toe die voorval plaasgevind het. Die polisie sê die 18-jarige sal na verwagting vandag in die hof op Okahandja verskyn.