Vierde geval van aappokke in SA aangemeld

Die vierde geval van aappokke is in Suid-Afrika aangemeld, het gesondheidminister dr. Joe Phaahla, bekend gemaak. Hy sê in ‘n mediaverklaring die pasiënt is ‘n 28-jarige man van die Wes-Kaap wat pas van Spanje teruggekeer het. Die drie ander gevalle wat vroeër aangemeld is, hou nie met mekaar verband nie en is onderskeidelik mans van 30, 32 en 42 jaar oud. Hulle is ook in drie verskillende provinsies gediagnoseer, naamlik Wes-Kaap, Gauteng en Limpopo. Phaahla sal Vrydag die regering se reaksie op aappokke bekend maak.