Vierde Covid-vlaag kan SA tref middel plaaslike regeringsverkiesing

Die regering in die buurland word gemaan om voorbereid te wees op ‘n moontlike vierde Covid-19-vlaag in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing. Volgens die afdelingsdirekteur van Ezintsha en die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg, professor Francois Venter, kan die weke voor die verkiesing super-verspreidingsgeleenthede skep waar die virus weens massa-saamtrekke muteer.