Vier swartrenosters in KZN vrygelaat

Vier swartrenosters is weer in die natuur vrygelaat in die Babanango-wildreservaat in KwaZulu-Natal nadat hulle vir ses jaar in aanhouding grootgemaak is. Conservation Outcomes, Ezemvelo KZN Wildlife en Wildlife ACT het gesamentlik gereël dat die diere na hul bestemming gevlieg word weens die moeilike terrein. Babanango se bewaringsbestuurder, Musa Mbatha, sê die vestiging van nuwe bevolkings is ‘n belangrike mylpaal in die groei en beskerming van die spesie in Suid-Afrika. Mbatha sê die herbekendstelling van renosters is ook belangrik vir bewaring en toerisme.